LEMOENBESKUIT
Resep geplaas deur Amanda Van Der Walt
Foto 1: Rheda Vreken
Foto 2 en nota: Elsabie Templeton
- 1.5 kg bruismeel
- 7 ml bakpoeier
- 625 ml lemoensap
- gerasperde lemoenskil van 2 lemoene
- 500 g bak margarien, kamertemperatuur
- 1 teelepel sout
- 2 koppies suiker, bruin of wit
- 3 eiers
- Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die margarien in die meel in, dit moet lyk soos mieliemeel.
- Meng lemoensap, lemoenskil en eiers, voeg by droë bestanddele en meng goed. As die deeg ‘n bietjie styf is, voeg bietjie koue water by.
- Spuit pan met spray ‘n cook.
- Jy kan bolletjies rol of deeg in die pan druk.
- Bak ± 1 uur by 180°C.
- Laat afkoel in die pan.
- Breek die beskuit in stukke of sny in vingers en droog.
- Dis ‘n baie bros beskuit, amper ‘n koekie.
- Wenk: Ek vervang die gewone bruismeel met bruin bruismeel. Dit is net so lekker. Bietjie ‘n growwer beskuit.
Nota: Elsabie Templeton
Lemoen beskuit💕 dis heerlik! Ek was nogal effens bekommerd oor die resep geen karringmelk of melk inkry, maar die lemoensap en gerasperde skil maak perfekte geur kombinasie vir hierdie beskuit. Ek hoop net dit word nie opgeëet voor dit uitgedroog word! Die tekstuur is presies soos karringmelkbeskuit.


