LEMOEN YSIES
Hierdie heerlike lafenis is selfgemaak, met my eie lemoene se sap. Heeeerlike genietingkie innie warmte.
- 1 liter vars uitgedrukte lemoensap
- ½ koppie suiker
- 1 koppie water
Voeg die suiker en water in ‘n houer en roer totdat die suiker opgelos is.
Voeg die lemoensap by die suikerwater en roer tot gemeng.
Giet die lemoensapmengsel in yshouertjies tot ¾ vol.
Plaas die gevulde yshouertjies in die vrieskas tot die sap gevries is.
Wanneer die ysies uit die houertjies gehaal word, hou die buitekant van die houertjie ‘n paar sekondes onder lopende louwarm water.
Resep en foto: Gideon Louw