Your Recipe Blog

LEMOEN PAMPOENTJIETERT

Recipe by
Cook: 45 minute

LEMOEN PAMPOENTJIETERT

  • 3 koppies gaar lemoen pampoentjies
  • 4 eiers
  • 1 opgehoopte eetlepel koekmeel
  • 1 koppie melk of room
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • 1 teelepel gemmer
  • kaneel om bo-oor te strooi

Voorverhit die oond tot 180ºC en bespuit ‘n oondbak.
Skei die eiers en meng die gele met die pampoen en die res van die bestanddele.
Klits die eierwitte tot styf, vou dit in by die pampoenmengsel.
Skep die mengsel in die voorbereide bak, strooi die kaneel oor en bak dan vir 45 min.

Nota:
Onthou dat elke oond se temperatuur verskil. (die tert is baie lekker koud)

Foto en resep deur: Nicolette Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page