LEMOEN LIKEUR
- 8 lemoene, afgewas
- 4 koppies suiker
- 1 koppie water
- 4 koppies vodka
Steriliseer 2 groot glashouers met deksels.
Gebruik ‘n groenteskiller om die lemoene te skil, maar nie dik nie.
Verdeel tussen die 2 houers.
Druk die sap uit en verwyder pulp en pitte. (Ongeveer 750 ml sap anders vul aan)
Plaas suiker en water in ‘n kastrol en bring tot kookpunt totdat dit helder van kleur is.
Voeg 1 koppie lemoensap by en kook weer.
Verdeel die stroop tussen 2 houers.
Sodra heeltemal afgekoel het, verdeel res van die sap en Vodka tussen die 2 houers.
Skroef toe en skud baie goed.
Stoor in ‘n koel, donker, droë plek.
Teken die datum aan.
Na ‘n maand verwyder die skille en giet die likeur deur ‘n sif.
Bottel en bêre vir ‘n verder maand voor gebruik.
Foto: Trix Hand
2de foto: Chantell Velloen