Your Recipe Blog

LEMOEN LIKEUR

LEMOEN LIKEUR

Foto:  Trix Hand
2de foto: Chantell Velloen

  • 8 lemoene, afgewas
  • 4 koppies suiker
  • 1 koppie water
  • 4 koppies vodka
  • Steriliseer 2 groot glashouers met deksels.
  • Gebruik ‘n groenteskiller om die lemoene te skil, maar nie dik nie.
  • Verdeel tussen die 2 houers.
  • Druk die sap uit en verwyder pulp en pitte. (Ongeveer 750 ml sap anders vul aan)
  • Plaas suiker en water in ‘n kastrol en bring tot kookpunt totdat dit helder van kleur is.
  • Voeg 1 koppie lemoensap by en kook weer.
  • Verdeel die stroop tussen 2 houers.
  • Sodra heeltemal afgekoel het, verdeel res van die sap en Vodka tussen die 2 houers.
  • Skroef toe en skud baie goed.
  • Stoor in ‘n koel, donker, droë plek.
  • Teken die datum aan. Na  ‘n maand verwyder die skille en giet die likeur deur ‘n sif.
  • Bottel en bêre vir ‘n verder maand voor gebruik.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page