Your Recipe Blog

LEMOEN KARRINGMELKBESKUIT

Cook: 60 - 65 minute

LEMOEN KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto: Amanda Austen

  • 6 x 250 ml bruismeel
  • 5 ml gemengde speserye
  • 10 ml bakpoeier
  • 250 ml strooisuiker
  • 5 ml sout
  • 300 g sagte margarien
  • 15 ml gerasperde lemoenskil
  • 5 ml anyssaad
  • 3 eiers, geklits
  • 220 ml lemoensap
  • 300 ml karringmelk
  • Voorverhit die oond tot 180ºC.
  • Spuit ‘n oondbak of 2 broodpannetjies met kleefwerende kossproei.
  • Sif die bruismeel, gemengde speserye, bakpoeier, strooisuiker en sout saam.
  • Vryf die margarien by die droë bestanddele in tot dit soos krummels lyk.
  • Meng die lemoenskil en anys by.
  • Klits die eiers, lemoensap en karringmelk saam, voeg dit by die meelmengsel en meng goed deur tot ‘n deeg.
  • Skep die deeg in die oondpan of broodpannetjies en bak vir 60 – 65 min tot gaar of toets met ‘n toetspen.
  • Laat die beskuit effe afkoel en keer dit uit die panne.
  • Sny die beskuit in skywe en droog uit in ‘n louwarm oond van 70ºC.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page