LEMOEN- EN ROSYNTJIEBROOD
- sap van 1 lemoen
- zest van 1 lemoen
- 250 ml rosyne
- 1 eier, effens geklits
- 30 ml botter, gesmelt
- 500 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml koeksoda
- 125 ml suiker
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n broodpan van 23 × 13 × 7 cm met margarien.
Vul die lemoensap aan met water tot 250 ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die rosyne by. Meng die eier en botter saam en voeg by die lemoenmengsel. Meng goed.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker by en meng deur.
Voeg die lemoensapmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik.
Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar.
Laat effens afkoel en keer uit op draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.
Resep geplaas deur Louise Smit
Foto: Louise Smit