LEMOEN- EN HEUNINGPATATS
- patats, hoeveelheid soos benodig
- Stroop:
- 2 koppies 100% lemoensap
- 1 lemoen in skywe gesny
- 2 eetlepels heuning
- 50 g gesoute botter
- 3 eetlepels bruinsuiker
- 2 stokkies pypkaneel
- sout en swartpeper na smaak
- knypie fyn anys
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol op die stoof en verhit tot kookpunt.
Skil die patats en plaas in ‘n aparte kastrol met water en kook totdat die patats gaar en sag is.
Verwyder van die hitte en laat effens afkoel tot dit hanteerbaar is.
Sny die gaar patats in skywe en pak dit in die stroop in die kastrol en kook die patats en sous vir 15 minute.
Nota:
Vir daardie ekstra goudgeel kleur, voeg ‘n knippie borrie by die stroop.
Resep en foto: Michael Coetzee