Your Recipe Blog

LEMMETJIE-SUURROOMKOEK

Recipe by
Cook: 50 minute

LEMMETJIE-SUURROOMKOEK

Ons is nie lief vir swaarversierde koeke nie- so hierdie is vir ons hemels 🍋

  • 125 g sagte botter
  • 200 g strooisuiker
  • 3 eiers
  • sap van 2 lemmetjies
  • fyngerasperde skil van 1 lemmetjie
  • 225 g bruismeel
  • 30 g droë klapper
  • 200 g suurroom
  • Stroop:
  • ¾ koppie water (ek maak dit aan met lime cordial tot halwe koppie)
  • 150 g suiker (ek gebruik 100 g as ek die lime cordial gebruik)

Voorverhit oond tot 180 °C.
Smeer ‘n losboompan en voer basis met bakpapier uit.
Klits botter en strooisuiker tot lig. Voeg eiers een vir een by.
Voeg lemmetjiesap en – skil by. Vou meel en klapper in. Vou suurroom in.
Skep in voorbereide pan en bak vir ongeveer 50 min tot gaar.

Kook intussen die sous (ek voeg die ander lemmetjie se skil ook by die sous) vir 2 minute vinnig saam.
Sodra koek uit die oond kom, druk 10 – 12 gaatjies met ‘n sosatiestokkie in koek en gooi sous daaroor.
Laat koek afkoel in die pan.
Verplaas versigtig na ‘n opdienbord.
Bedien (kan nog louwarm wees- of koud) met dubbelroom en bloubessies.

Wenk:
As lemmetjies nie in seisoen is nie ek gebruik die botteltjies lemmetjiesap en ‘n suurlemoen se skil.

Resep en foto: Laetitia Burger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page