Your Recipe Blog

LELANE SE DIK GROENTESOP

2 na 3 Ure

LELANE SE DIK GROENTESOP

  • 2 uie
  • 3 huisies knoffel
  • 8 wortels
  • 4 seldery stingels
  • 3 groot aartappels
  • 2 koppies groenbone
  • 2 koppies blomkool / kool / broccoli
  • 1 klein of halwe botterskorsie / pampoen
  • 2 patats
  • 2 pastinaak (parsnip)
  • 1 raap
  • 2 tamaties
  • 1 koppie vars pietersielie
  • droë gemengde kruie na smaak
  • 2 lourier blare
  • 1 pakkie tamatiepuree
  • 1 pakkie 4 in 1 sopmengsel
  • sout en peper na smaak
  • ‘n paar lepels Ina Paarman groente / hoenderaftreksel
  • 2 liter water
  • vleis, opsioneel (ek het bees stowe vleis gebruik)

Skil en bewerk al die groente.
Voeg al die bestanddele saam (geen orde) met 2 liter water en kook vir sowat 2 tot 3 ure in stoompot of tot reg.
Voeg sout en peper na smaak, kook deur.

Bedien saam vars gebakte brood of vetkoek met kaas.

Resep en foto: Lelane Van Der Walt

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5