LELANE SE 3 BESTANDDELE KAASKOEK
Resep en foto geplaas deur Lelane van der Walt
- 1 liter “double cream” gewone jogurt, of geur van jou keuse
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 pakkie Lemon Cream koekies
- ½ suurlemoen se zest en sap, opsioneel
- Maak koekies fyn met koekroller, strooi egalig in jou mikrogolf tertbak en mikrogolf vir 30 sek, druk vas.
- Meng die jogurt, kondensmelk en sap van die suurlemoen.
- Skep bo-op die krummels in die tertbak en mikrogolf vir 7 minute op hoog.
- Die jogurt verander in roomkaas. Los die tert ‘n rukkie in die mikrogolf.
- Laat afkoel en sit oornag in yskas.
- Garneer met suurlemoen zest of vrugte wat pas by die geur van die jogurt jy gebruik het.
- Ek het al ‘n “butterscotch” sousie oor gegooi, Rolos, of vrugte gebruik.
Heerlik.
Nota:
NO butter mixed in crumbs. When the yoghurt cooks it makes crumbs hard. The yoghurt turns into a soft cream cheese when cool.












