Your Recipe Blog

LEKKERSTE WORTELKOEK OOIT

LEKKERSTE WORTELKOEK OOIT

Beslis een van die lekkerste wortelkoeke wat ek al geëet het, ek kan hom regtig aanbeveel.

  • Klits goed saam tot lig:
  • 3 eiers
  • 375 ml suiker
  • Voeg by en klits goed saam :
  • 250 ml olie
  • Sif saam in aparte bak:
  • 500 ml koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml neutmuskaat
  • 7 ml kaneel
  • 4 meduim wortels, grof gerasper
  • 1 koppie pitlose rosyne
  • 125 ml gekapte okkerneute

Voeg by meel- by eiermengsels en meng goed.
Voeg die wortels, rosyne en okkerneute by.
Meng goed en sit in gesmeerde koekpan. (lees Adam se nota)
Bak in voorverhitte oond op 160º C vir 75 minute.
Keer uit na dit afgekoel het en versier met die volgende.

  • Versiersel:
  • 250 ml botter
  • 1  ¾ bakkies (230 -250 g elk) Philladelpia roomkaas
  • 375 ml versiersuiker
  • 2 ml vanilla essense

Klits die botter baie goed, dit moet lyk soos room.
Vou die roomkaas in met ‘n lepel (moenie klits en oor meng nie). Meng goed deur, maar moenie klits nie.
Sif die versiersuiker by, meng liggies deur, voeg die vanilla essense by en meng goed saam.
Versier wortelkoek en sprinkel met okkerneute.

My vriendin Monica se ma se resep: – Leanne Thurston Coetzer

Nota:
Rina Kleinhans – Ek gebruik die blokke roomkaas, dit werk perfek en raak nie pap nie, maar is bietjie duurder, ander gebruik Philladelpia roomkaas, die ander is geneig om nie so lekker styf te word nie..

Foto: Adam Cloete
Nota:
Maak net seker dat jou oond se hitte laag is soos die resep aandui. Ek het die beslag in twee klein pannetjies gebak om nie te sukkel met deursny vir ‘n laagkoek nie. Daarvoor het ek dit bietjie korter gebak omdat die koeke heelwat platter was as wanneer dit alles in een pan sou wees.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page