LEKKERSTE SOET MOSTERDSOUS
Ek maak die resep al seker 40 jaar lank! My moeder se resep.
- 2 koppies suiker
- 200 ml (¾ koppie) wit asyn
- 4 groot eiers
- 30 ml (2 eetlepels) mosterdpoeier, ek gebruik Coleman mosterdpoeier
- knippie sout
- 1 (200g) botteltjie korrelmosterd
Nota:
Gebruik ‘n Dubbelkoker, as jy nie een het nie, sit een kastrol op ‘n groter kastrol met kookwater.
Moenie dat die boonste kastrol aan die kookwater raak nie. Laat die water liggie prut.
Klits mosterdpoeier in asyn, klits goed saam anders maak mosterd klonte. Hou eenkant.
Klits suiker en eiers saam in die dubbelkoker en sit op die kookwaater. Roer die hele tyd, sodra die mengsel begin warm word, meng die asynmengsel by. Klits goed. Voeg sout by.
Laat kook en hou aan roer totdat mosterd lekker dik is.
Voeg die hele botteltjie korrelmosterd by en roer goed deur en kook tot goed deur warm.
Bottel en bêre in die yskas.
Nota:
Kinders is mal oor die mosterd ook op worsrolletjies.
Resep en foto: Hester Du Buys Naudé