Your Recipe Blog

LEKKERSTE PRUIMKONFYT OOIT

LEKKERSTE PRUIMKONFYT OOIT

Dié resep maak ongeveer 750 ml konfyt.

  • 2 kg pruime, ontpit en in kwarte gesny (behou skil)
  • 500 ml (2 koppies) water
  • 2 kg suiker
  • knypie vars gemmer, gerasper
  • knypie fyn kaneel
  • knypie suurlemoen zest
  • 10 ml (2 teelepels) suurlemoensap

Sit pruime en pitte in kastrol en voeg water daarby.
Kook oor lae hitte tot skille sag is, ongeveer 20 minute.
Skep die pitte uit. Roer die suiker by.
Kook ongeveer 15 minute totdat suiker opgelos is.
Roer gereeld sodat suiker kan oplos.
Roer gemmer, kaneel en suurlemoensap by.
Kook nog 60 minute oor lae hitte of tot reg toets.

Toets:
Drup van die konfyt op ‘n koue piering of op metaalgedeelte van wasbak.
Sodra konfyt ‘n balletjie vorm, is dit reg.
Skep skuim wat op konfyt gevorm het met gaatjieslepel af.
Skep in skoon, gesteriliseerde glas bottels en seël dadelik.

Foto en resep: Marion Barnard Mussmann

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5