LEKKERSTE PIESANG MUFFINS
- 500 ml koekmeel
- 5 ml koeksoda
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml fyn kaneel
- 250 ml witsuiker
- 4 medium of 3 groot oorryp piesangs
- 250 ml mayonnaise
- 10 ml vanilla geursel
Druk die piesangs fyn met ‘n vurk en meng met die mayonnaise. Voeg geursel by en meng deur.
Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kaneel saam. Voeg die suiker by en meng deur.
Voeg die droë bestanddele by piesangmengsel. Vou in tot goed gemeng.
Skep in ‘n voorbereide pan met 12 muffin holtes.
Bak vir 30 minute by 180°C of tot gaar (moenie oorbak nie).
Resep en foto: Elaine Steyn
Foto 2: Rina Kleinhans – Ek het hierdie naweek weer hierdie muffins gebak, maar ek het net 2 piesangs gehad, en toe rasper ek ‘n groot Granny Smith appel daarby in. Ek kan regtig hierdie muffins aanbeveel dit is heerlik klam mens kan dit amper net so eet of net met botter soos my man dit verkies.