Your Recipe Blog

LEKKERSTE KOEK OF NAGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

LEKKERSTE KOEK OF NAGEREG

  • Koek:
  • 3 groot eiers
  • 100 g sjokolade, gebreek (ek het Lindt gebruik)
  • 375 ml sterk swart koffie (Instant Espresso)
  • 5 ml vanilla
  • 375 ml karringmelk
  • 750 ml strooisuiker
  • 625 ml koekmeel
  • 375 ml kakao
  • 10 ml koeksoda
  • 3 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 180 ml olie

Klits die eiers en strooisuiker tot lig en donsig 5 – 10 min. Skink die warm koffie oor die sjokolade in ‘n bakkie en roer tot gesmelt. Meng by die eiermengsel in saam met die karingmelk en vanilla. Sif die droë bestanddele saam en voeg by, terwyl geklits word.
Giet die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl geklits word.
Skep die deeg in 2 panne of ‘n groot oondpan, bak 1 uur teen 150ºC.
Laat die koek in die pan afkoel.

  • Bolaag:
  • 500 ml room
  • 1 bakkie marscapone
  • 125 ml suiker
  • ¼ koppie Kalua, of bietjie meer
  • 5 ml instant Espresso poeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 eetlepel kakao

Klop alles saam tot styf. Smeer oor die koek.

Indien jy nie lus is om die koek te bak nie, breek ‘n pak choc chip koekies grof, strooi ‘n laag in ‘n bak en bedek met ‘n laag van die roommengsel.
Herhaal lae en laat verkieslik oornag staan. Bedien as ‘n lekker yskastert.

Hierdie bo-laag is ook ‘n heerlike versiersel en vulsel vir groot koeke.

Bron en foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page