Your Recipe Blog

LEKKERSTE KLAM WORTELKOEK

Recipe by
Cook: 45 minute

LEKKERSTE KLAM WORTELKOEK

  • Koek:
  • 375 ml suiker
  • 250 ml kookolie
  • 3 groot eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 375 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 13 ml kaneel
  • 1 ml neutmuskaat
  • 5 ml sout
  • 500 ml grof gerasperde geelwortels
  • 1 groen appel, grofgerasper of ‘n fyngedrukte piesang
  • 125 ml gekapte neute van jou keuse
  • Versiersel:
  • 50 g sagte margarien
  • 5 ml vanilla geursel
  • 500 ml versiersuiker
  • 15 ml gerasperde lemoenskil
  • 50 ml gladde maaskaas (as jy nie van maaskaas hou nie kan jy net bietjie suurlemoensap byklits tot na smaak)

Koek:
Voorverhit oond tot 180°C.
Klits die suiker, olie, eiers en vanilla geursel saam. Sit die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in. Voeg die geelwortels, appel en neute by en meng goed.
Skep in gesmeerde 23 cm ringkoekpan of 2 ronde koekpanne.
Bak ongeveer 45 minute lank. Laat 15 minute staan en keer dan op ‘n draadrak uit.

Versiersel:
Klits die sagte margarien, vanilla geursel en versiersuiker baie goed saam.
Voeg die skil en maaskaas by en meng liggies tot glad. Versier koek.

Resep en foto 1: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Fotos 3 en 4: Anina Kotze

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page