Your Recipe Blog

LEKKERSTE BESKUIT IN DIE LAND

Cook: 40 - 60 minute | Servings: Lewer sowat 1.5 – 2kg beskuit

LEKKERSTE BESKUIT IN DIE LAND

  • 500 g (500 ml; 2 koppies) botter
  • 500 ml (2 koppies) karringmelk
  • 15 ml (1 groot eetlepel) vanilla geursel
  • 840 g (6 x 250 ml; 6 koppies) koekmeel
  • 50 ml (3 groot eetlepels + 1 teelepel) bakpoeier
  • 7 ml (1 teelepel + 0.5 teelepel) sout
  • 300 g (375 ml; 1.5 koppie) suiker
  • 750 ml (3 koppies) All Bran, effens fyngedruk
  • 250 ml (1 koppie) sonneblomsaad

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer 2-3 broodpanne, afhangende van die grootte van jou panne.
Smelt botter en laat effens afkoel.
Roer karringmelk en vanilla geursel by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg suiker, All Bran en sonneblomsaad by.
Meng goed.
Voeg bottermengsel by droë bestanddele en meng deur.
Dit vorm ‘n redelike stywe deeg.
Vorm bolletjies en plaas teen mekaar in die gesmeerde panne.
Bak sowat 45 tot 60 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel, breek bolletjies van mekaar los en pak op bakplate.
Droog uit teen 100ºC.
Pak in lugdigte houers.
Verseël tot benodig.

Resep: Erina Roux
Foto: Petro van Rensburg

Category:

6 Reviews

  1. Valerie Benjamin

    Love it so much and so easy to make

    Star
  2. Nadia

    Vreeslik lekker!!!

    Star
  3. Ina

    Hi Erina, baie dankie vir so heerlike resep..voledig uiteen gesit! Wat kan ek hom 3x aanmaak op a slag! Ek wil groot gaan asb. Dit lyk heerlik
    Groete
    Ina

    Star
    • Hallo Ina, Erina sal nie jou vraag hier sien nie, ek gaan probeer help. Ek sien die resep is reeds 2-3 groot panne, so dalk moet jy maar, dit net eers so bak, maar as jy nou 7-9 panne wil bak sou ek nogsteeds voorstel dat jy dit apart aanmaak, mat jy kan nie al die panne gelyk bak nie. Maar as jy verkies om dit x3 te doen, begin met minder vloeistof en voeg by tot die beslag reg is, dit is nie altyd wys om sommer net alles x3 te neem nie. Die bakpoeier mag ook dalk te veel wees indien jy net met x3 gaan werk, 1 eetlepel op 1 koppie meel is klaar baie en dan nog ekstra. Hoop jy kom reg, lekker bak.
      Rina

  4. Marinda

    Ek wil graag d beskuit bak. Sien al d ander beskuitresepte het eiers in. Is dit korrek dat hier nie eiers inkom nie?

    • Hi Marinda
      Ek het nou dubbel seker gemaak, dit is reg, daar is nie eiers in die resep nie. Ek het ook ‘n ander resep van Marinda Kook wat baie lekker is, wat ook sonder eiers is. Lekker Bak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page