LEKKERBEK PIESANGKOEK
- 1 koppie suiker
- ¾ koppie kookolie
- 4 eiers
- 4 piesangs, fyngemaak
- 1 ekstra heel piesang vir agterna
- 2 koppies bruismeel
- 1 pakkie butterscotts kitspoeding
- 1 teelepel koeksoda
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel vanilla essense
- ½ koppie melk
- ½ koppie fyngekapte okkerneute, plus ekstra vir versiering
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n ringkoekpan of spuit met kossproei.
Klits die suiker en olie saam. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke toevoeging.
Meng die fyngemaakte piesangs by.
Sif die bruismeel, poeding, koeksoda en sout bo-oor en meng goed.
Voeg die melk en vanilla by en vou die neute in.
Sprinkel bruinsuiker onder in die koekpan en sny die ekstra piesang in skyfies en sit onder in.
Skep die beslag in die voorbereide ringkoekpan en bak vir 1 uur of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Maak intussen die sous:
- 100 g botter
- ¾ koppie suiker
- ½ teelepel kaneel
- ¾ koppie water
- ½ koppie Baylies Irish cream liqueur of Amarula (hou eenkant)
Kook oor lae hitte vir 5 minute.
Gooi ‘Baylies Irish cream liqueur of Amarula by.
Gooi oor die warm koek as dit uit die oond kom.
Laat effe afkoel en keer uit op ‘n opdien bord.
Sprinkel met gekapte okkerneute.
Bedien met geklopte room.
Resep en foto: Hettie Bezuidenhout