LEKKER VINNIGE KOLWYNTJIES
Hierdie resep maak ongeveer 28 kolwyntjies.
- 1½ koppie water
- 4 eetlepels kakao
- ½ koppie kookolie
- 4 eiers
- 1½ koppie witsuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- Versiering
- 1 pak versiersuiker
- 2 eetlepels kakao
- 2 eetlepels botter
- ± 50 ml melk, net tot regte tekstuur
Voorverhit oond 180°C.
Kook die water, kakao en olie saam en sit eenkant neer tot louwarm.
In ‘n ander mengbak klits die eiers, suiker en geursel saam.
Voeg die meel en bakpoeier by en klits saam tot mooi gemeng.
Meng die afgekoelde kakaomengsel in by die meelmengsel.
Plaas “cupcake” papiertjies in pannetjies en skep ¾ vol met deeg.
Bak vir 15 minute of tot gaar toets.
Haal uit die pannetjies en laat heeltemal afkoel.
Versiersel:
Sif die versiersuiker en kakao saam.
Klits die botter baie, baie goed tot glad en lig.
Voeg die versiersuikermengsel bietjie, bietjies by terwyl jy heeltyd meng.
Indien die mengsel te droog is, voeg bietjie melk op ‘n slag by en meng goed tot die tekstuur reg is.
Versier die koltjies wanneer heeltemal koud soos verkies.
Hierdie kolwyntjies kan gevries word!
Resep en foto: Debbie Griessel