LEKKER VETKOEKE
- Meng die volgende goed en laat 15 min rus:
- 200 ml warm melk
- 100 ml warm water
- 1 pakkie kitsgis (pers pakkie)
- 2 eetlepels strooisuiker
- 1 koppie koekmeel
- Meng die volgende goed in by bogenoemde:
- 1 eier
- 45 ml olie
- Voeg die volgende by en meng goed deur:
- 4 koppies koekmeel
- 1 teelepel sout
- Ekstra:
- olie vir diep braai
Knië die deeg lekker vir ongeveer ± 15 min.
Deeg moet sag wees maar nie klewerig.
Laat rus dsie deeg vir 30 min in ‘n houer wat toegemaak is met ‘n plastiek.
Knië die deeg af en weer vir 2 min.
Rol die deeg uit tot 1 cm in dikte.
Druk die vetkoeke uit met glas, pak op ‘n bakplaat wat met meel bestrooi is en laat weer rus vir 15 min.
Verhit die diep olie in ‘n kastrol. Die vetkoeke moet tot in die helfte in die olie wees, dis waar die witlyn vorm.
Sodra die vetkoeke in die warm olie gesit is, draai hulle dadelik om.
Bak op medium hitte in die olie tot mooi bruin al albei kante.
Nota:
Volg resep soos bo dan kan dit nie flop nie.
Geniet.
Resep en foto: Martie Labuschagne