Your Recipe Blog

LEKKER SOUS VIR KAPOKAARTAPPELS EN WORS

LEKKER SOUS VIR KAPOKAARTAPPELS EN WORS

  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • rooi, groen en geel soetrissie, na smaak gekap
  • sampioene, in skyfies gesny
  • 1 blik tamatie en uie smoor
  • ¼ koppie rooiwyn
  • ¼ koppie water
  • ½ pakkie beesstertsoppoeier, aangemaak met ‘n biejie water
  • 1 pakkie tamatiepasta
  • grofgemaalde peper, na smaak
  • 500 g of 1 kg boerewors

Braai die uie en knoffel in bietjie olie tot deurskynend, voeg die soetrissies by en braai deur.
Voeg die res van die bestanddele by buiten die soppoeier.  Laat goed deur kook.
Indien jy wors in die sous wil gaarmaak, kan jy dit nou bysit en braai/kook tot die wors gaar is.
Maak die soppoeier in bietjie water aan en voeg by die sous in die pan.
Draai die hitte af en laat deur kook en verdik.

Nota:
Ek gooi geen sout by nie – die wors is sout, asook die soppoeier.
Kan ‘n bietjie suiker byvoeg om die surigheid te breek.

Foto en resep: Petré van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page