LEKKER SOUS VIR AARTAPPELS
Ons bedien die sous altyd saam met heel aartappels wat eers gekook is en dan crispy gebak word in die oond. Ook lekker as ‘n doopsous.
- 500 ml room
- 500 g ongegeurde jogurt
- 1 eetlepel knoffel vlokkies
- 3 grasuie, fyn gesny
- Aromat
Klits room styf en meng met die jogurt.
Meng knoffel en grasuies by.
Geur met Aromat.
Laat die sous ten minste ‘n uur of twee staan in die yskas voor gebruik.
Resep en foto: Karien Bronkhorst