LEKKER MELKKOS MET KONDENSMELK
- 1 blik kondensmelk
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 eetlepels botter
- 1 teelepel sout
Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot dit soos krummels lyk.
Kook die kondensmelk en nog 4 blikke kookwater op die stoof in ‘n lekker groot pot.
Voeg die meelmengsel by die kondensmelkmengsel en roer aanhoudend totdat daar nie enige groot klonte is nie.
Laat dit vir so 5 minute prut of tot gaar en bedien met kaneelsuiker.
Resep en foto: Drienie Hattingh