LEKKER MAKLIKE KORINGSLAAI
Resep en foto: Lindi Van Nieuwenhuizen
Dis regtig ‘n lekker slaai.
- 325 ml koring
- 1 groen soetrissie
- 1 klein ui
- ½ blikkie ingelegde perskes
- Sous:
- 250 ml tamatiesous
- 125 ml olie
- 125 ml suiker
- 7 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- Meng alle sous bestanddele tot goed gemeng.
- Kook koring volgens aanwysings en laat afkoel.
- Meng die koring met die soetrissie, uie en perskes, voeg sous by en meng goed deur.
- Plaas in yskas.
- Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder word dit.
Category:

