LEKKER LOS FRIKKADELLE
- 1 blikkie tamatie en uiesmoor
- 750 g maalvleis
- 100 ml hawermout (oats)
- 150 ml melk
- 25 ml asyn
- 25 ml Worcestersous
- sout en peper na smaak
- 1 pakkie soppoeier (ek het bruinuie soppoeier gebruik)
- 500 ml water
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng maalvleis, tamatie en uiesmoor, hawermout, melk, asyn Worcestersous, sout en peper met ‘n tweetand vurk (moenie te veel meng).
Vorm 12 tot 14 groterige frikkadelle en plaas dit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Meng soppoeier met water en giet oor die rou frikkadelle.
Bak 60 minute en haal die deksel af, bak vir nog 15 minute sodat frikadelle bo-op lekker bruinerig kan bak.
Resep: Louis Venter
Foto: Japie Jacobs