Your Recipe Blog

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES (CUPCAKES)

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 20—24 standaard grootte cupcakes

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES (CUPCAKES)

Probeer gerus hierdie een. Heerlike, klam cupcakes en flop nooit. Jy gaan baie komplimente vir hulle kry. Die geheim: meet bestanddele noukeurig af, gebruik die korrekte grootte eiers, volg instruksies noukeurig en bak slegs 16 minute.

  • 4 GROOT eiers (LARGE)
  • 15 ml bakpoeier
  • 125 ml kookolie
  • 125 ml kookwater
  • 5 ml vanilla geursel
  • 310 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 30 ml kakao (vervang met Maizena vir vanilla cupcakes)

Voorverhit oond tot 180°C.
Skei eiers (eierwitte in mengbak waarin jy dit later kan styf klits; eiergele in aparte mengbak).
Voeg kookolie en dán kookwater en vanilla geursel by eiergele en meng goed.
Meet koekmeel, suiker kakao (óf Maizena) en sout af in mengbak waarin jy lekker kan klits.
Klits eierwitte styf saam met 10 ml van die bakpoeier en hou eenkant.
Voeg vloeistofmengsel (met eiergele in) by meelmengsel en klits vinnig totdat al die suiker opgelos is.
VOU nou styfgeklitste eierwitte en ander 5 ml bakpoeier by meelmengsel in met ‘n lepel, nét tot goed gemeng.
Plaas die papier cupcake bakkies in ‘n cupcake pan. Skep die deeg in die cupcake bakkies. (vul bakkies so twee derdes vol).
Bak vir nét 16 minute by 180 °C.

Foto en resep: Daleen Stephens

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page