Your Recipe Blog

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES (CUPCAKES)

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 20—24 standaard grootte cupcakes

LEKKER KLAM KOLWYNTJIES (CUPCAKES)

Foto en resep: Daleen Stephens

Probeer gerus hierdie een. Heerlike, klam cupcakes en flop nooit. Jy gaan baie komplimente vir hulle kry. Die geheim: meet bestanddele noukeurig af, gebruik die korrekte grootte eiers, volg instruksies noukeurig en bak slegs 16 minute.

  • 4 GROOT eiers (LARGE)
  • 15 ml bakpoeier
  • 125 ml kookolie
  • 125 ml kookwater
  • 5 ml vanilla geursel
  • 310 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 30 ml kakao (vervang met Maizena vir vanilla cupcakes)
  • Voorverhit oond tot 180°C.
  • Skei eiers (eierwitte in mengbak waarin jy dit later kan styf klits; eiergele in aparte mengbak).
  • Voeg kookolie en dán kookwater en vanilla geursel by eiergele en meng goed.
  • Meet koekmeel, suiker kakao (óf Maizena) en sout af in mengbak waarin jy lekker kan klits.
  • Klits eierwitte styf saam met 10 ml van die bakpoeier en hou eenkant.
  • Voeg vloeistofmengsel (met eiergele in) by meelmengsel en klits vinnig totdat al die suiker opgelos is.
  • VOU nou styfgeklitste eierwitte en ander 5 ml bakpoeier by meelmengsel in met ‘n lepel, nét tot goed gemeng.
  • Plaas die papier cupcake bakkies in ‘n cupcake pan. Skep die deeg in die cupcake bakkies. (vul bakkies so twee derdes vol).
  • Bak vir nét 16 minute by 180 °C.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page