LEKKER KERRIEHOENDER VIR DIE WINTER
Resep getoets en foto: Hannie Steyn
Ek het vanaand hierdie resep probeer en dit is heerlik.
- 1 ui gekap
- olie
- 10 ml kerriepoeier
- ½ klein groen soetrissie in blokkies gesny
- ½ koppie gemengde groente vir kleur
- 2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
- 250 ml rooiwyn, opsioneel, kan vervang met 1 blokkie hoenderekstrak opgelos in kookwater
- 80 ml blatjang
- 25 ml appelkooskonfyt
- 1 kg gaar hoender, gevlok of in blokkies gesny
- 1 eetlepel koekmeel
- 250 ml mayonnaise
- 50 ml room
- 1 sakkie tamatiepasta
- sout en peper na smaak
- Soteer die ui, groen soetrissie en groente in ‘n klein bietjie olie in ‘n matige warm pan op die stoof tot sag.
- Voeg die kerriepoeier by en roerbraai sowat 1 minuut.
- Voeg die tamatie, rooiwyn of hoenderekstrak, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut.
- Meng die meel en hoender en voeg dit saam met die mayonnaise, room en tamatiepasta by die mengsel in die pan en verhit tot lekker deurwarm.
- Proe of die smaak reg is en voeg sout en peper na smaak by indien verkies.
- Bedien saam met rys.
- Notas:
- Ek het die rooiwyn uitgelos en die ekstrak gebruik.
- Die tamatiepasta dra by tot ‘n dieper kleur van die gereg.
- Indien verkies, kan jy 2 groot geskilde wortels inrasper by die resep, asook blokkies gaar aartappels.
Category:

