Your Recipe Blog

LEKKER HOENDERVLERKIES

Recipe by
Cook: 20 + 10 minute | Servings: 15 vlerkies

LEKKER HOENDERVLERKIES

  • 15 hoendervlerkies
  • ½ koppie “Southern Coating” (matig)
  • bietjie olie
  • sout en peper na smaak
  • ½ teelepel gerookte paprika
  • 1 eetlepel hoenderspeserye
  • Sous:
  • ½ koppie Lappies- of Jimmy’s sous
  • 3 eetlepels Prego sous
  • 2 teelepels Dirky sous of eie keuse brandsous
  • 1 eetlepel heuning
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200ºC.
Klad die hoendervlerkies met handoekpapier tot droog.
Meng die sout, pepper, paprika en hoenderspeserye saam.
Meng die speserye met die “Southern Coating”.
Sprinkel die hoender vlerkies deeglik met die speserymengsel.
Plaas die vlerkies op ‘n rooster rakkie in die oondpan en sprinkel olie oor die hoender.
Plaas die pan met hoendervlerkies in die oond vir 20 minute.
Meng intussen die sous bestanddele in ‘n oondvaste bak.
Na die 20 minute, verwyder die vlerkies uit die oond, draai die oond se temperatuur na 220ºC.
Plaas die vlerkies in die oondvaste bak met die sous en plaas die bak met vlerkies en sous terug in die oond vir ‘n verdere 10 minute op 220ºC tot goud bruin.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page