Your Recipe Blog

LEKKER HOENDERGEREG

Recipe by
Cook: ongeveer 2 ure

LEKKER HOENDERGEREG

  • 8 stukkies hoender (dye en boude)
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 ½ koppie mayonnaise
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 1 pakkie sampioen soppoeier
  • 1 teelepel droë Italian herbs
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • ½ koppie kookwater
  • sout en peper na smeek

Rol die hoenderstukke in die soppoeier en pak die stukke in ‘n oondvaste bak.
Strooi die res van die poeier oor die vleis.
Meng al die ander bestanddele saam en skink oor die stukke vleis. Bedek met foelie.
Laat staan ‘n rukkie en bak dit dan in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir omtrent 1 uur en 40 minute.
Verwyder die foelie en grill vir omtrent 20 minute tot mooi bruin en geniet.

Foto en resep: Gideon Louw

One Review

  1. WayneDugmore

    Gideon Louw:
    Vroulief het vir aandete die lekker hoendergereg gemaak en ons het dit geniet saam met n skeppie smash en gekookte pampoen asook n skeppie tuisgemaakte herenboontjie slaai.
    Dit was ‘n djeeeerlik bort kos.
    Ek’t n holetjie gemaak in die smash en van die hoendergereg se sous daarin geskep – hmmmmmmm!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page