LEKKER GEBOTTELDE SOET PAMPOEN
- 3.5 kg pampoenblokkie (lekker stewige pampoen)
- 600 ml suiker
- 100 ml botter
- 10 ml fyn kaneel
- 15 ml fyn gesnyde vars gemmer
- 5 ml sout
- 60 ml heuning
- 120 – 150 ml water
- 10 ml mosterdpoeier
- 3 eetlepels Maizena, aangemaak met bietjie water
Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en heuning in ’n groot kastrol en laat kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin.
Voeg die pampoen, sout en water by. Dit gaan lyk of jy te min vloeistof het, maar onthou die pampoen maak ook water.
Kook oor matige hitte, terwyl jy af en toe versigtig roer om nie die blokkies te breek nie, tot die pampoen sag en die sous redelik afgekook het.
Roer die Maizena by, en laat stadig deurkook.
Bottel warm, maak seker die bottels en proppe is baie goed gesteriliseer, skep soveel van die blokkies eerste uit in die bottel en vul dan met die sous.
Draai die geseëlde bottels op hul proppe en laat afkoel. Bêre in die yskas.
Om te gebruik, skep uit in bakkie en verhit in die mikrogolf, voila – dit is heerlik.
Nota:
Die sous wat oor was in die pot, het ek net eier, meel en bakpoeier bygesit en heerlike pampoenkoekies mee gebak.
Resep en foto: Rina Kleinhans