Your Recipe Blog

LEKKER DIK HOENDERSOP

LEKKER DIK HOENDERSOP

  • 1 kg hoenderdytjies en boudjies
  • 10 ml olie
  • 2 uie, fyn gekap
  • 1 groot stingel seldery, fyn gekap
  • 4 aartappels, geskil en opgesny
  • 5 preie, in ringe gesny
  • 10 stingeltjies tiemie, afgestroop
  • 90 g pietersielie, fyn gekap
  • ± 2 liter kookwater
  • 1 blokkie hoenderekstrak
  • 3 teelepels witpeper
  • 50 ml Worcestersous
  • 4 teelepels sout
  • 500 ml room
  • Pasta:
  • ± 100 g spaghetti
  • bietjie olie
  • 5 ml sout
  • 1 liter kookwater

Braai die hoender in ‘n pot op die stoof in warm olie tot bruin.
Verwyder die hoender en plaas eenkant.
Voeg die uie in dieselfde pot en braai tot bruin, plaas die hoender terug in die pot by die uie.
Voeg al die voorbereide groente en aartappels by die hoender en giet die kookwater met die hoenderblokkie opgelos, daarby.
Bring tot kookpunt en kook saam tot die hoender gaar en die groente sag is.
Verwyder die hoender stukke uit die pot en ontbeen.
Voeg van die hoendervleis terug in die pot (hou bietjie van die stukkies ontbeende hoender wat fyn is eenkant).
Voeg die witpeper by en meng deur.
Kook intussen die pasta.
Voeg die kookwater, sout en olie in ‘n pot op die stoof en bring tot kookpunt.
Voeg die spaghetti by die kookwater en kook vir ongeveer 10 – 12 minute tot gaar.
Terwyl die spaghetti kook, neem ‘n “stickblender” en maak die hoender- en groentemengsel fyn.
Voeg die Worcestersous en sout na smaak by.
Dreineer die spaghetti en voeg dit by die sop.
Voeg die oorblywende hoenderstukkies by en meng goed deur.
Laat die sop ongeveer 10 min afkoel.
Voeg laastens die room by die sop en meng deur.
Bedien met brood en botter.

Resep en foto: Anri Douglas

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page