LEKKER BOTTERVERSIERSEL
Die resep maak genoeg versiersel om ‘n dubbellaag koek of 24 kolwyntjies te versier.
(Ons gebruik Stork Bake vir ‘n heerlike smaak, jy kan egte botter ook gebruik indien jy so verkies).
Heibre Schronen – ek gebruik wit woodenspoon botter om die versiersuiker spierwit te kry en die # op die cupcake is van royal icing.
- 250 g botter, sag/kamertemperatuur
- 500 g versiersuiker, gesif
- 30 ml melk
- 5 ml vanilla geursel of geursel van eie keuse
- kleursel, opsioneel
Nota:
Die groot geheim lê in die klits, jy moet die botter klits totdat dit lig van kleur en romerig is voor jy die versiersel bysit.
Room die botter tot glad met ‘n klitser.
Voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Meng goed en voeg geursel en opsionele kleursel by.
Meng die melk by om dit gladder te kry.
Smeer of spuit op koek of kolwyntjies.
SUURLEMOEN-BOTTERVERSIERSEL
- 4 eetlepels botter
- 3 eetlepels suurlemoensap, ongeveer
- 2 koppies versiersuiker
- paar druppels geel koekkleursel
Room die botter en voeg die suiker geleidelik daarby, klits totdat dit lig en skuimerig is.
Voeg die suurlemoensap by om dit tot ‘n smeerbare dikte te kry.
Kleur tot ‘n delikate geel met koekkleursel.
Resep en foto 2: Petra Pretorius
Foto: Heibre Schronen