Your Recipe Blog

LEKKER BIEFSTUK IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 3 ure

LEKKER BIEFSTUK IN DIE OOND

Lekker boerekos. Nes my Ma altyd maak.

  • 700 g biefstuk
  • ½ koppie asyn
  • ½ koppie Worcestersous
  • ½ koppie tamatie sous
  • ½ koppie blatjang
  • ¼ koppie olie
  • 1 koppie water
  • 3 – 4 aartappels in kwarte gesny
  • sout en braai speserye opsioneel

Voorverhit oond op 220˚C. Plaas die biefstuk in ‘n oondbak met ‘n deksel.
Meng die bestanddele en giet oor die biefstuk.
Plaas in die oond vir 2.5 ure, draai die oond na 180ºC vir die laaste 30 minute, met die deksel nog op.
Haal die bak ‘n paar keer uit die oond en giet sous met soplepel oor die vleis,  plaas weer terug en bak verder.
Sout en tradisionele braai speserye kan bygevoeg word wanner jy die sous oorskep vir ekstra geur.

Plaas aartappels in die bak saam met die vleis en sous en sit terug in die oond vir die laaste 30 minute.

Bedien saam met rys – gebruik die sous van die vleis, patats (die boere manier met botter en suiker), wortels met heuning en suiker

Fotos en resep: Corlia Laney

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page