LEKKER AERO YSKASTERT
- 1 x pakkie Tennisbeskuitjies
- 500 ml room
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- 135 g Aero sjokolade
Pak beskuitjies op die bodem van ‘n tertbak.
Klop die room styf in ‘n aparte bak.
Meng die room en kondensmelk saam met die gekrummelde Aero. (Hou bietjie aero krummels om oor die tert te strooi).
Skep die gemengde beslag oor die beskuitjiekors.
Versier met die res van die Aero krummels.
Plaas in die yskas om te stol.
Foto en resep: Annelize Probert












