LEë SPENS BROWNIES
- 230 ml margarien of canola olie
- 500 ml suiker
- 3 groot eiers
- 250 ml koekmeel
- 125 ml kakao, gesif sodat klonte uit is
- knippie sout
- Opsioneel:
- ½ teelepel fyn koffiepoeier of 1 teelepel vanilla geursel vir geur
- Ek het sommer 3 blokkies TopDeck wat ek in die kas gevind het, en fyngekap het by gesit
Meng die koekmeel, kakao en suiker saam. In ‘n maatbeker, klits canola olie en eiers saam. Meng nat bestanddele by droë bestanddele. Skep in ‘n 20 x 30 x 4 cm oondbak, uitgevoer met bakpapier en bak 25 minute by 180ºC (my oond het ‘n waaier).
Nota:
Dit is n baie dik deeg, en ek toets gewoonlik op 21 minute, omdat ek dit nie wil oorbak nie. Ek het op 23 minute uitgehaal en hy is perfek.
Laat rukkie staan, sny in blokkies en geniet.
Resep geplaas deur Joh-Mari Jacobs
2de foto: Joh-Mari Jacobs
Foto en resep aanpassings: Ilze Gabers Jacobs
Oh wow, what a disappointment! I baked 2 batches and both of them flopped. I wasted all these ingredients and my kis were looking forward to some brownies. I am not happy at all!!
Mandine, regtig jammer om te hoor, ek het op die groep gevra jy moet vir ons asb terugvoer gee van wat fout was, want baie lede gebruik hierdie resep en met groot sukses. Ons sal graag wil hoor hoekom jy dink dit het geflop asb?
Can I bake this in the air fryer or microwave?
I think you might try to bake it in the microwave, but I have not tried it before so I cannot gaurantee that it will be a success. Try 6-7 minutes and let it stand for a while … good luck
Please make sure you use bake margarine?