Your Recipe Blog

LEANNE SE HEUNING EN MOSTERD HOENDER

LEANNE SE HEUNING EN MOSTERD HOENDER

Ek het gisteraand Heuning en Mosterd hoender gemaak. Dit was so lekker gewees.

  • Hoendermengsel:
  • Braai die volgende saam:
  • 1 ui, gekap
  • soetrissie, gekap
  • vars knoffel, gekneus
  • Voeg by en braai tot gaar:
  • 4 hoender fillette, in repe gesny
  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • Maak die sous apart:
  • Braai saam:
  • 1 teelepel kerriepoeier
  • knoffel na smaak
  • 1 eetlepel olie
  • Voeg by:
  • ¼ koppie appelkooskonfyt
  • ½ koppie heuning
  • ½ koppie mosterd (ek het All Gold mosterd gebruik)
  • sout en peper
  • 1 koppie room
  • 1 eetlepel botter

Laat die sous bestanddele goed saam kook, sit die gebraaide hoendermengsel by en laat deurkook.

Nota:
Ek het dit op gegeurde rys gesit met slaai, was regtig baie lekker gewees.

Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page