Your Recipe Blog

LEANI BROODJIES

Recipe by
Cook: 40 - 45 min

LEANI BROODJIES

Ek het by my maat, Leani Swanepoel, geleer hoe om die broodjies te maak. Dis bietjie soos pizza – solank jy die basics reg het, kan jy verder maak net wat jy wil. Vir hierdie baksel het ek poeier biltong gebruik.
  • 1 gekoopte brooddeeg
  • 250 ml room
  • 1 pakkie potato bake (enige geur)
  • 1 koppie cheddar kaas
  • ½ koppie poeier biltong

Verhit die oond tot 180°C.
Maak rolletjies van die deeg (so groot soos ‘n tennisbal) en pak dit in ‘n oondpan wat met botter gesmeer is.
Meng die room en potato bake goed saam en voeg die helfte van die biltong en ‘n derde van die kaas daarby.
Skep eetlepels vol van die roommengsel bo-op elke bolletjie en strooi die res van die kaas en biltong bo-oor.
Laat dit weer rys vir so 30 minute.
Bak vir 40 – 45 minute.
Geniet dit as ‘n bykos saam met die braai, of sommer net so met botter.

Nota:
Soos ek sê, mens kan enigiets op die broodjies pak voor jy die roommengsel opsit.
Sampioene, soetrissies, tamatieskyfies, gebraaide spek, knoffel, net wat jy wil.
Eindig net met die roommengsel en kaas.

Resep en foto: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page