Your Recipe Blog

LEANDRI SE MURGPAMPOENTJIEGEREG

LEANDRI SE MURGPAMPOENTJIEGEREG

  • 2 pakkies murgpampoentjies, gesny
  • 1 pakkie sampioene, gesny
  • 3 medium tamaties, geskil en in blokkies gesny
  • 1 ui, fyn gesny
  • fyngedrukte knoffel, na smaak
  • 2 teelepels Worcestersous
  • 2 teelepels Bisto
  • 1 teelepel Maizena

Plaas al die groente in ‘n pot met bietjie water en kook tot sag (kook jou groente soos jy daarvan hou ek kook dit nie pap nie). Voeg ook die knoffel en Worcestersous by.
Wanneer die groente reg is en water weg gekook het, maak die Bisto en Maizena aan met ‘n koppie water. Voeg dit by die groente en kook tot ‘n dik sousie.
Voeg sout en peper by na smaak.
Hierdie is ‘n ‘tried and tested’ resep in ons huis en heerlik saam enige gereg, braaivleis of as ‘n gereg op sy eie. (Banting vriendelik as jy Maizena en Bisto uithaal)

Resep en foto: Leandri van der Bank

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page