Your Recipe Blog

LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

Ek het dit bedien saam soetwortels en tamatie en avokadoslaai wat lekker was. Hoop julle geniet my lui weergawe van ‘n klassieke gereg.

  • 6 hoenderfilette
  • 1 rol skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • 1 blikkie hoenderroomsop
  • 2 eetlepels droë room sampioensoppoeier, aangemaak met bietjie water
  • 1 hoender aftreksel blokkie
  • kruie, speserye, sout en peper na smaak
  • 1 eierk geklits (eier was)

Voorverhit oond tot 200 ºC.
Kook hoenderfilette in water saam met die nodige kruie en speserye (genoeg water om 2 koppies te kan kry nadat die hoender gekook is) todat hoender sag en gaar is en laat afkoel.
Maak koue hoender fyn met vingers of flok met twee vurke.
Neem 2 koppies van die water (broth) waarin die hoender gekook het en maak warm sodat die aftrekselblokkie daarin kan oplos.
Plaas die blikkie hoendersop in ‘n kastrol en voeg die aftreksel by.
Kook totdat die vloeistof amper die helfte verminder het (as jy van sopperige pastei hou, kan jy dit laat opkook en vir so 5 min kook en afhaal)
Meng die hoender met die sous en skep in voorbereide vuurvaste bak.
Plaas ontvriesde puff pastry bo-op die hoendervulsel en druk mooi vas met ‘n vurk en maak gaatjies.
Kwas die eierwas bo-op.
Bak in die oond totdat deeg gaar, opgepof en goudbruin is.
Bedien warm of koud.

Resep en foto: Leandri Potgieter

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page