LEANDRI MAAK BOBOTIE
Ek het die resep op ‘n video gekry.
- 1 kg maalvleis
- 3 uie
- 6 snye brood, in blokkies gesny
- 1 eetlepel borrie
- 2 eetlepels kerrie
- sout en peper, na smaak
- 6 eiers
- 1 liter melk
- 1 koppie rosyntjies
- soet rissiesous, opsioneel
Braai uie en maalvleis.
Klits 2 eiers en 1 koppie melk saam met die brood en laat dit bietjie staan.
Geur die gaar maalvleis met die sout, peper en kerrie. Voeg soet rissiesous by indien verkies.
Meng die broodmengsel saam met die maalvleis en voeg die rosyntjies by.
Plaas die mengsel in ‘n voorbereide oondpan.
Meng die res van die melk, eiers en borrie goed saam, giet oor die mengsel en bak tot dit gaar is, ongeveer 30 minute.
Nota:
Bedien lekker geel rys met rosyntjies saam met dit.
Vir my eerste keer was dit vrek lekker!!
Resep geplaas deur Leandri Lee Greeff
Foto: Leandri Lee Greeff