LASAGNE SONDER WITSOUS
- 1,5 kg tamaties, velle verwyder en opgekerf
- 2 groot uie, fyngekerf
- 2 koppie water
- Aromat en growwe peper na smaak
- 1 kg maer maalvleis
- ongeveer 2 koppies water
- 1 pakkie bruinuiesoppoeier
- 8 lasagne pasta-velle
- 1 koppie kaas vir bolaag, opsioneel
Kook die tamatie, uie, water, Aromat en peper saam tot sag en gaar.
Moenie die sous bind nie, dit sal die pasta later sagmaak.
Maak intussen ook die maalvleis in ‘n pan gaar met ongeveer 2 koppies water.
Maak die pakkie soppoeier met bietjie koue water aan en voeg by aan die einde om maalvleis se sous effens te bind (nie baie nie dit moet in pasta intrek).
Neem ‘n medium gesmeerde glasbak en skep tamatie en uiemengsel onderin om die bodem te bedek.
Pak een laag lasagne velle, dan maalvleismengsel, weer laag lasagne velle, tamatie en uiemengsel, maalvleis.
Laat die gereg so uur staan (of afgekoel, oornag in yskas indien verkies) voor dit oond toe gaan.
Bak ongeveer 45 min na gelang van die oond.
Strooi kaas oor of laat kaas weg en sprinkel ‘n laag gedroogde pietersielie of fyngekerfde sprietuie oor net voor jy uit oond haal.
Laat staan ‘n rukkie voor opdiening.
Nota:
My dis moes nog bietjie gestaan het voor dit oond toe gegaan het. Ek was bietjie haastig en die pasta het nie mooi gerek soos dit moes nie. Só leer mens maar.
Resep en foto: Christelle van Rooyen