Your Recipe Blog

LASAGNE EL DANABAAI (3 VLEISE en 3 KASE)

Recipe by
Cook: 35 - 40 min | Servings: 6 porsies

LASAGNE EL DANABAAI (3 VLEISE en 3 KASE)

  • Lasagne:
  • 250 g lasagne velle
  • 1 kg maalvleis
  • sout en peper na smaak
  • 6 kaas “Russians”
  • ‘n pakkie gesnyde salami
  • 4 gekapte uie
  • 1 blik (400 g) lasagna sous / tamatie puree
  • 3 koppies gerasperde Mozzarella
  • 2 koppies Parmasan
  • 3 koppies gerasperde Gouda
  • Witsous: 1.5 liter witsous 2 koppies meel, vir 2+ liter witsous 3 koppies meel
  • 300 g botter
  • 1.5 – 2 liter melk
  • 2 – 3 koppies koekmeel
  • sout en peper na smaak

Maak die witsous: smelt die botter en voeg die meel by, meng deur en begin die melk stadig bysit terwyl jy heeltyd roer  met ‘n “whisk”totdat dit ‘n gladde sous vorm, kook oor lae hitte, roer gereeld dat dit nie vasbrand nie. Voeg sout en peper by na smaak.
Spuit die bak waarin die gereg gemaak word met kleefwerende sproei.
Braai die uie, maalvleis en russians tot gaar.
Meng die 3 kase saam.
Week die lasagna velle vooraf vir 30 min in kookwater. (Lekker sag en werk maklik).
Pak ‘n laag witsous en tamatie puree in die voorbereid bak, pak dan die  eerste laag lasagna velle op die sous, ‘n laag uie, maalvleis en russians, ‘n laag gemengde kaas. Dan weer witsous/puree, maalvleis, uie en russians, kaas. so gaan jy aan tot die bak vol is.
Pak bo-op die salami ringe en strooi die laaste kaas oor.
Bak vir 35 – 40 min op 180°C.

Resep en foto:  Jan Salti Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page