LANDI SE SJOKOLADEKOEK EN VERSIERSEL
Die geheim van ‘n klam sjokoladekoek lê in die vervanging van botter met olie, en hierdie resep doen dit!!! Eenvoudig, een bakmengsel wat verseker een van jou gunstelinge gaan word.
- 2 koppies koekmeel
- ¾ koppie kakaopoeier
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- 2 teelepels koeksoda
- knypie sout
- 1 koppie melk
- 1 teelepel vanilla geursel
- 2 koppies suiker
- ½ koppie kookolie
- 1 koppie sterk koffie (aangemaak, swart, lou afgekoel – ek gebruik 1 opgehoopte teelepel Espresso koffie poeier)
- 2 eiers
Voorverhit oond tot 180°C.
Berei 2 x ± 23 cm koekpanne voor, smeer deeglik met botter / voer kolwyntjie panne uit met kolwyntjie houers – so ± 26 – 30 houertjies.
In ‘n groot mengbak sif alle droë bestanddele saam. Voeg 2 koppies suiker by, roer effe deur gesifte bestanddele.
Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droë bestanddele, meng goed met klitser vir twee minute. Voeg die swart koffie by, meng goed. Die mengsel sal dun en loperig wees.
Verdeel die mengsel eweredig tussen die twee voorbereide panne OF vul kolwyntjiehouers tussen halfpad en driekwart vol.
Bak nou vir 35 – 40 min (koek) of 15 – 18 min vir kolwyntjies. Toets met sosatiestokkie / tandestokkie of dit gaar is (prik in die middel, as dit skoon uitkom is dit gaar), verwyder van oond.
Laat afkoel vir 15 min in koekpan/kolwyntjiepannetjies. Maak kante los met ‘n mes. Skud die pan liggies totdat jy voel die koek is los. Laat goed afkoel.
Versier. (Hierdie resep gaan heerlik saam met my Kahlua en Roomkaasversiersel)
https://yourrecipeblog.com/recipes/kahlua-cream-cheese-frosting/
Ander versiersel opsie – Koffie Versiersel:
- 6 groot eetlepels sagte botter
- ¾ koppie kakao
- 2 koppies versiersuiker
- 5 teelepels sterk koffiepoeier
Meng alles goed saam, versier koek.
Nota:
Maak seker die koek is goed afgekoel voor versier.
Bêre in koekblik wat lekker dig kan seël.
Koek is altyd lekkerder as dit die vorige aand gemaak word. Gee die koek kans om te “rus”. Jy sal verbaas wees die verkil aan tekstuur en smaak. Ek beveel dit beslis aan.
Die kolwyntjies kom tot sy volle reg die dag nadat dit gebak is en is selfs nog lekkerder op dag 3 en 4 (as dit so lank hou).
Resep geplaas en foto – Landi Ferreira