Your Recipe Blog

LAMSRIBBETJIE EN -STERTJIEGEREG

Recipe by
| Servings: 4

LAMSRIBBETJIE EN -STERTJIEGEREG

  • 4 – 6 skaapstertjies, skoon gekerf
  • 600 g lamsribbetjie, opgesny in blokkies (aan dun kant van die ribbetjie)
  • 5 ml Worcestershiresous
  • sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
  • olyfolie, vir braai
  • 1 ui, opgesny
  • 1 rissie, opgesny
  • 1 knoffeltoontjie, gepars
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • 10 ml mosterdkorrels
  • 200 ml witwyn
  • 1 Ina Paarman groente-aftrekselhouertjie (stock pot)
  • 5 ml komynsaadjies
  • 5 ml gemaalde koljander
  • 10 klein aartappeltjies, gehalveer
  • handvol surrings opgesny (buite surringseisoen – sap en skil van 1 suurlemoen, fyn gerasper)

Geur die vleis met die sout, peper, koljander, komyn en Worcestershiresous. Verhit die olie in ‘n pot en verbruin die ribbetjies en stertjies vinnig op hoë hitte. Verwyder en hou die vleis eenkant.
Braai die uie tot glaserig saam met die rissie, wonderpeper, naeltjies, lourierblaar en mosterdkorrels in dieselfde pot. Plaas die ribbetjies en stertjies terug in die pot, saam met die uie en roer deur. Voeg die witwyn by en roerbraai tot die ergste alkohol verdamp het, laat prut vir een uur. Voeg bietjie kookwater by indien die vog min word.
Voeg die groenteaftreksel by, asook die aartappels.
Geur met nog sout en peper indien nodig. Bedek en laat prut ‘n verdere uur of bak (bedek) in die oond teen 170 °C vir nog ‘n uur.
Toets of die stertjies al sag gekook is en voeg dan die opgesnyde surrings of suurlemoensap en -skil by. Laat prut vir nog 30 minute en bedien op rys.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5