LAMSPASTEIE
Resep en foto: Heidi Van Rooyen
Ek het geen resep gebruik nie. Ek het sommer net als uit my kop gebruik, maar hier is hy vir julle. Ek het die pastei drukker gebruik vir dit.
- Pastei vulsel:
- 1 kg lamsvleis
- 1 groot ui gekerf
- knoffel na smaak
- 3 medium aartappels klein blokkies gesny
- 1 groot wortel klein blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 1 pakkie Royco beef casserole cook in sauce
- Braai uie en knoffel in bietjie olie. Voeg die vleis by en bruin die vleis.
- Voeg sout en peper by. Voeg water by en kook tot die vleis amper sag is.
- Voeg die aartappels en wortels by en kook tot alles sag en gaar is.
- Voeg die pakkie Royco Beef Casserole cook in sauce by en kook deur.
- Maak die vleis effens fyn en laat die vulsel heeltemal afkoel.
- Deeg:
- 8 koppies koekmeel
- 500 g Rama Original
- yskas water ( genoeg om stywe deeg te vorm)
- 5 ml sout
- Plaas die meel en sout in ‘n mengbak. Vryf yskoue botter in meel tot dit soos krummels lyk. Bind met yskoue water.
- Meng tot dit ‘n deeg vorm. Maak die deeg toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 30 min.
- Rol die deeg uit. Druk sirkels uit, skep 2 eetlepels vulsel op een helfte van die sirkel en vou die pastei toe. Seël die kante met ‘n vurk.
- Bak op 180°C tot goudbruin, ongeveer 30 – 40 min.
Category:

