LAMSNIERTJIES MET UIE OP ROOSTERKOEK
- 450 g niertjies gehalveer, velletjie en buise verwyder
- 1 ui, opgesny
- 15 ml sojasous
- 5 ml Worcestersous
- 5 ml rissies
- 5 ml knoffel
- 5 ml tiemie, vars
- 5 ml paprika
- 60 ml rooiwyn
- 60 ml Jimmy’s sous
- 25 ml brandewyn
- 5 ml gemmer
- 5 ml mosterdkorrels
- 10 ml bruinsuiker
- sout en gemaalde swartpeper
- 15 ml olyfolie
- 15 ml botter
Marineer die niertjies in die soja- en Worcestersous vir 30 – 60 minute.
Braai die ui in die olie en botter tot glanserig.
Voeg die mosterd, knoffel en rissies by en roer deur vir ‘n paar minute.
Voeg die niertjies by en roerbraai tot hulle begin verkleur.
Voeg die brandewyn, wyn en braaisous by saam met die res van die bestanddele, behalwe die suiker.
Braai deur tot sous verdik en voeg dan die suiker by.
Laat prut op lae hitte tot gaar.
Bedien op roosterkoek met pietersielie. Alternatiewelik, kapokaartappels, rys of pasta.
Resep en foto: Johan Rossouw