LAMSNEK KERRIE
- 2 kg lamsnek, opgesny
- 2 groot uie, gekerf
- fyn gekapte knoffel, na smaak
- 15 ml kerriepoeier van jou keuse
- 15 ml borrie
- ½ bottel Mrs Balls blatjang
- sout en peper, na smaak
- 2 kg aartappels, geskil en halveer
- 1 koppie warm water
Braai uie en knoffel in swartpot tot deurskynend.
Sit die vleis by en braai tot ligbruin.
Voeg die aartappels by.
Meng al die sousbestanddele saam met die water en voeg by die vleis en aartappels.
Bak in oond met deksel op vir 1 ½ uur teen 180°C.
Bak nog ‘n half uur met die deksel af.
Nota:
Dit was nie nodig vir suiker of asyn of konfyt nie. Dit was perfek.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff