LAMSKENKELS IN ROOIWYNJUS
- 2 heel lamskenkels
- 30 ml olyfolie
- 1 groot ui, gekap
- 2 groot wortels, geskil en gekap
- 2 selderystokkies, gekap
- 2 knoffelhuisies, in skywe gesny
- 6 pimentkorrels (all spice)
- 3 naeltjies
- 1 lourierblaar
- 1 roosmaryntakkie se blaartjies
- 30 ml tamatiepasta
- 360 ml rooiwyn
- 30 ml tamatiesous
- 30 ml blatjang
- 5 ml worcestersous
- 5 ml groentespeserye (veggie spice)
- sout en gemaalde peper, na smaak
Verhit die oond vooraf tot 160 °C.
Geur die lamskenkels met sout en peper.
Verbruin die lamskenkels rondom in ‘n groot, diep oondvaste pot tot rondom goed bruin.
Haal uit en hou eenkant.
Braai die ui, wortel, seldery en knoffel in dieselfde pan tot sag en geurig.
Voeg die kruie, speserye en tamatiepasta by en kook vir 30 sekondes. Meng die tamatiesous, blatjang en worcestersous met die rooiwyn en voeg dit by in die pot.
Laat prut en voeg die skaapskenkels terug in die sous in die pot.
Bedek met ‘n deksel en plaas dit in die oond.
Laat dit 2 – 3 uur stadig smoor totdat die lam sag en sappig is. Kyk na die lamskenkels halfpad deur die kookproses en voeg, indien nodig, witwyn of aftreksel by. Skep die jus oor die skenkels gedurende die gaarmaakproses.
Haal uit die oond as dit sag en gaar is en bedien op kapokaartappels.
Resep en foto: Johan Rossouw