Your Recipe Blog

LAMSKENKEL MET SPESERYRYS EN SOETWORTELS

LAMSKENKEL MET SPESERYRYS EN SOETWORTELS

My Valentyns ete en eerste keer dat ek iets opsit. Ek geniet die blad verskriklik, baie dankie.

  • Lamskenkel:
  • ± 350 g lamskenkel
  • 1 medium ui, opgekap
  • 1 wortel, opgekap
  • ½ groen soetrissie, opgekap
  • sout en peper, na smaak
  • droë beesaftreksel poeier, na smaak
  • 2 teelepels Bisto
  • 1 teelepel mielieblom (Maizena)

Vryf die skenkel met sout en peper en beesaftreksel poeier. Plaas in die oond op 160°C saam met die ui, wortel en groen soetrissie. Maak ‘n sous van die aftreksel met die Bisto en Maizena.

  • Rys:
  • 1 koppie gaar rys
  • Braai saam:
  • ¼ koppie olie
  • 1 ui, opgekap
  • ½ elk groen en rooi soetrissie in klen blokkies gesny
  • 6 sampioene, gekap
  • 2 teelepels speserye vir rys

Meng die gebraaide groente met die gaar rys. Skep in ‘n klein bakkie en keer die vorm uit in die bord.

  • Soet babawortels :
  • 500 g babawortels
  • ¼ koppie suiker
  • 3 eetlepels stroop
  • 1 eetlepel botter

Kook alles saam op lae hitte tot die wortel sag is en die sousie verdik het.

Resep en foto: Edith Juta Schmidt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page