LAMSBOUD EN HEEL SKROPHOENDER
Ongeveer 3 kilogram lamsboud en 1 groot hoender, amper 3 kilogram, dit is ‘n skrophoender (organies), kom van die plaas af.
- Boud:
- 8 heel naeltjies
- 3 teelepels gebreekte koljander
- 4 teelepels braai speserye
- 2 eetlepels druiwepit olie of olyf olie
- 2 eetlepels lemmetjiesap (ek het die sap in die bottel gebruik)
- 2 takkies roosmaryn
- 2 takkies tiemie
- 1 ui, in stukke gesny geplaas by die vleis in oondbak
- knoffel, opsioneel
Smeer die lamsboud in met kruie, speserye, olie en die lemmetjiesap.
Jy kan die boud stop met knoffel (ek het nie, want my skoonseun is allergies vir knoffel) plaas uie saam met die boud in die baksakkie of foelie.
Draai die boud toe met sterk foelie of plaas in ‘n baksakkie in ‘n oondbak.
Plaas die voorbereide lamsboud in ‘n voorverhitte oond op 180ºC en bak tot gaar, die tyd is afhangende van hoe gaar en pienk jy die boud verkies, maar ek het hierdie boud vir ongeveer 3 ure gebak.
- Skrophoender:
- 2 teelepels hoende speserye
- 2 teelepels fyn komyn (jeera)
- 2 teelepels cajun speserye
- 1 eetlepel suurlemoensap
- 1 eetlepel olyf olie
- 1 takkie elk tiemie en roosmaryn
Meng die speserye, suurlemoensap en olie en smeer die hoender deeglik binne en buite met die speserymengsel.
Plaas die tiemie en roosmaryn takkies binne in die hoender.
Plaas die hoender in ‘n baksakkie of draai dit toe in swaar foelie. Plaas die hoender in ‘n oonbak en bak by 180ºC vir ±2 ure of tot deurgaar, afhangende van hoe groot die hoender is (hierdie skrophoender is groot).
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk













